Exodus 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet daarvoor 'n rooster van koperwerk maak; en aan die net moet jy vier koperringe aan die vier hoeke daarvan maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet ’n koperrooster om die altaar vassit. Sit ook ringe aan die vier hoeke van die altaar vas. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet 'n bronstraliewerk om die altaar sit en 'n bronsring aan elke boonste hoek van die traliewerk vassit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet 'n traliewerk daarvoor maak, 'n maaswerk van brons. Maak dan vier bronsringe op die hoeke van die maaswerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, 'n ring aan elke hoek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook ’n rooster van koper vir die altaar. Sit vier koperringe daaraan vas waardeur drastokke vir die altaar gesteek kan word. |