Exodus 27:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet sy panne maak om sy as op te neem, en sy skoppe en sy komme en sy vleishoeke en sy vuurpanne; al sy voorwerpe moet jy van koper maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die houers vir die as, die grafies, die bakke, die vleishake en die vuurpanne vir die altaar moet alles van koper gemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al die gereedskap moet jy van koper maak. |
| Afrikaans 1983 | Maak potte om die as te verwyder, ook skoppe, komme, vurke en vuurpanne. Jy moet al hierdie toebehore van brons maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet houers daarvoor maak om die vetterige as mee te verwyder, asook skoppies, offerbakke, vurke en vuurpanne. Al die altaar se toebehore moet jy van brons maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet potte maak vir die as, en ook grawe, bakke, vurke en emmers vir die kole. Julle moet dit alles van brons maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gereedskap wat by die altaar gebruik word, moet ook alles van koper gemaak word. Die gereedskap is die panne waarin die as uitgekrap word, die skoppe, die komme, die vurke en die panne waarin die vuurkole geskep word. |