Exodus 27:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die kinders van Israel bevel gee dat hulle vir jou suiwer gestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om die lamp altyddeur te laat brand.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die mense van Israel om vir jou suiwer olyfolie vir die kandelaar te bring. Dit moet sonder ophou bly brand.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
Afrikaans 1983 “Beveel die Israeliete om vir jou besonder suiwer olyfolie vir die lampe te bring sodat die lig voortdurend kan brand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy self moet die Israeliete beveel dat hulle vir jou suiwer geparste olyfolie bring vir lig, sodat die lampe voortdurend kan brand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring. Julle moet die olyf-olie in die lampe gooi, sodat daar altyd 'n lig is wat brand in die tempel-tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet vir die Israeliete sê om vir jou suiwer olyfolie te bring. Jy moet dit gebruik om die lampe in die tent aan die brand te hou.