Exodus 27:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet sy horings aan die vier hoeke daarvan maak; sy horings moet van dieselfde wees; en jy moet dit met koper oortrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sit ’n horing vas op elke hoek. Alles moet ’n eenheid vorm. Trek die altaar en die horings met koper oor. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet horings maak aan sy vier hoeke en dit moet 'n eenheid met die altaar vorm. Jy moet die altaar met brons oortrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet daarvoor horings maak op elk van die vier hoeke. Die horings moet deel daarvan wees, en jy moet die altaar met brons oortrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en daar moet horings wees op die vier hoeke. Die altaar en die horings moet vas aan mekaar wees. Julle moet dit met brons oortrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op elke hoek moet jy ’n uitsteeksel vassit wat soos die horings van ’n bees lyk. Jy moet die hele altaar met koper oortrek. |