Exodus 27:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die voorwerpe van die tabernakel in die hele diens daarvan, en al sy penne en al die penne van die voorhof, moet van koper wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Alles wat binne-in die tabernakel gebruik word, ook die tentpenne waarmee die afskorting buite geanker word, moet van koper gemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees. |
| Afrikaans 1983 | “Al die toebehore van die tabernakel en al sy tentpenne, sowel as dié vir die voorhof, moet van brons wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wat al die toebehore van die tabernakel betref: Alles vir die dienswerk in die tabernakel, asook al die tentpenne van die tabernakel en die tentpenne van die binneplein, moet van brons wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet al die gereedskap vir die werk in die tempel-tent en al die tentpenne van brons maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos al die gereedskap wat binne-in die tent gebruik word, moet die tentpenne waarmee die mure van die afskorting geanker word, ook van koper gemaak wees.” |