Exodus 27:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig oral, en die hoogte vyf el van fyn dubbeldraad-linne en hulle voetstukke van koper. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die binnehof is dus 44 meter lank en 23 meter breed. Dit word afgeskort met ’n linnegordyn wat twee en ’n half meter hoog is. Die gordyn hang aan regop pale wat van koper gemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper. |
| Afrikaans 1983 | Die lengte van die voorhof moet vyftig meter wees, sy breedte vyf en twintig en sy hoogte twee en 'n half. Dit moet van goed geweefde linne wees en sy voetstukke van brons. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die lengte van die binneplein moet honderd el wees, die breedte regdeur vyftig el, en die hoogte vyf el, die behangsels gemaak van fyn dubbeldraadlinne, en met bronsvoetstukke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees, en die gordyne moet vyf el hoog wees. Julle moet die gordyne maak van goeie linne-materiaal en die voetstukke van brons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die binnehof is dus 44 by 23 meter groot en die geweefde materiaal aan die kante is twee en ’n half meter hoog en hang aan pale op kopervoetstukke. “ |