Exodus 27:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die pilare rondom die voorhof moet met silwer gevuld wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die regop pale van die binnehof word aan mekaar verbind met silwergordynpale waaraan daar silwerhakies is. Elke paal staan op sy voetstuk van koper.
Afrikaans 1933/1953 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.
Afrikaans 1983 Vir die style van die voorhof moet daar heeltemal rondom silwergordynstokke wees, en ook silwerkramme en bronsvoetstukke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Al die staanders rondom die binneplein moet van silwerhegplekke voorsien word; hulle hakies moet van silwer en hulle voetstukke van brons wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al die pale en hulle hake van silwer maak, en die voetstukke van brons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die regop pale wat reg rondom die binnehof gebruik word, moet met silwergordynstokke aan mekaar verbind word. Die stokke moet silwerhakies hê waaraan die linnemure opgehang kan word. Elke paal staan op sy eie kopervoetstuk.