Exodus 27:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir die poort van die voorhof moet 'n behangsel wees van twintig el, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, met naaldwerk bewerk; en hulle pilare moet vier wees en hulle voetstukke vier.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vir die ingang na die binnehof moet jy ’n afskorting van tien meter maak. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Dit moet ook geborduur wees. Dit hang aan vier regop pale op hulle voetstukke.
Afrikaans 1933/1953 en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
Afrikaans 1983 In die ingang van die voorhof moet daar 'n afskorting van tien meter wees. Dit moet van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne wees, netjiese borduurwerk. Om dit te hang, moet daar ook nog vier style en vier voetstukke wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die ingang van die binneplein moet daar 'n gordyn van twintig el wees, gemaak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder – met vier staanders en vier voetstukke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) By die ingang moet daar 'n gordyn wees, 20 el lank. Julle moet die gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hierdie gordyn moet hang aan vier pale op vier voetstukke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die ingang wat na die binnekant van die lapa loop, moet jy ’n gordyn maak uit geweefde linne met blou, pers en bloedrooi weefwerk en borduursel. Dit hang aan vier regop pale wat op voetstukke staan.