Exodus 27:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En net so moet daar aan die noordekant in die lengte behangsels wees van honderd el lank, en sy twintig pilare en hulle twintig kopervoetstukke; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die noordekant van die binnehof is dit presies dieselfde. Daar is die gordyn ook 44 meter lank. Dit hang aan silwerhakies en pale wat op kopervoetstukke rus.
Afrikaans 1933/1953 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
Afrikaans 1983 “Ook aan die noordekant moet die gordyne vyftig meter breed wees. Daar moet twintig style en twintig bronsvoetstukke wees, kramme aan die style, en silwergordynstokke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net so moet daar aan die noordekant behangsels oor 'n lengte van honderd el wees, met twintig staanders en bronsvoetstukke, en die hakies van die staanders en hulle hegplekke moet van silwer wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die teenoorstaande noordekant is die muur presies net so lank. Daar is ook net soveel regop pale op kopervoetstukke as aan die eerste kant. Die linnemuur hang ook aan silwerhakies.