Exodus 27:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy twintig pilare en hulle twintig voetstukke moet van koper wees; die kramme van die pilare en hulle ringe moet van silwer wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gordyn hang aan hakies van silwer wat aan silwergordynpale bo-op die regop pale vas is.
Afrikaans 1933/1953 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
Afrikaans 1983 Om die gordyne te hang, moet daar twintig style met twintig bronsvoetstukke wees en ook kramme aan die style, en silwergordynstokke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit moet twintig staanders met hulle twintig bronsvoetstukke hê, maar die hakies van die staanders en hulle hegplekke moet van silwer wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die materiaal moet aan hakies en horisontale gordynstokke van silwer hang. Die gordynstokke is vas bo-op regop pale. Daar is twintig pale en elkeen staan op ’n kopervoetstuk.