Exodus 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet 'n altaar van akasiahout maak, vyf el lank en vyf el breed; die altaar moet vierkantig wees, en sy hoogte moet drie el wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak ’n vierkantige altaar van akasiahout. Dit moet twee en ’n half meter aan elke kant wees en een en ’n half meter hoog.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte -- vierkantig moet die altaar wees -- en drie el sy hoogte.
Afrikaans 1983 “Jy moet 'n altaar van doringhout maak, twee en 'n half meter in die vierkant en een en 'n half meter hoog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet 'n altaar van doringhout maak, vyf el lank en vyf el breed; die altaar moet vierkantig wees en drie el hoog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n altaar maak van doringhout, vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog. Die altaar moet vier hoeke hê,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet ’n staander van akasiahout maak waarop die offers by die tent gebring kan word. Dit word die altaar genoem. Dit moet vierkantig wees: twee en ’n half meter breed aan elke kant en een en ’n half meter hoog.