Exodus 26:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet vyf tentdoeke afsonderlik en ses tentdoeke afsonderlik koppel, en die sesde tentdoek moet jy dubbel aan die voorkant van die tabernakel maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk die ander ses aan mekaar om ’n tweede stel te maak. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit kom by die ingang van die tent. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet eers vyf stukke aanmekaar werk en dan weer die ses ander stukke. Vou die sesde stuk dubbel aan die voorkant van die tent. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vyf tentdoeke aan mekaar vaswerk om 'n eenheid te vorm, en so ook die ander ses tentdoeke. Aan die voorkant van die tent moet jy die sesde tentdoek in die helfte terugvou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak weer twee stelle op. Vir die een stel werk jy vyf stukke materiaal aan mekaar vas. Vir die ander een gebruik jy ses stukke. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit sal by die voorkant van die tent kom. |