Exodus 26:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet vyftig goue hakies maak en die gordyne saamvoeg met die hake, en dit moet een tabernakel wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak 50 goue hakies om die lissies van die twee stelle aan mekaar vas te maak. Dit vorm dan ’n eenheid wat bo-oor die tent kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet ook nog vyftig goue hakies maak om die twee stroke materiaal aanmekaar vas te maak sodat die tabernakel een geheel kan wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vyftig goue hakies maak en die tentdoeke met die hakies aan mekaar vasmaak, sodat die tabernakel een geheel vorm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dan ook 50 goue hakies vaswerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kan haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kan wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook 50 goue hakies om deur die lussies te haak sodat die twee velle aan mekaar vasgehaak kan word om een dubbelvel te vorm. Dit is dan die onderste laag van die tent se dak.” |