Exodus 26:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet blou lissies maak aan die rand van die een tentdoek van die soom in die koppeling; en net so moet jy aan die einde van 'n ander tentdoek maak, by die samevoeging van die tweede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Werk blou lissies aan die kant van die buitenste stuk materiaal van elke stel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet dan blou lissies vaswerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet lussies van pers wol op die soom van die een tentdoek aanbring – al langs die kant op die een stel. Op dieselfde manier moet jy ook lussies op die tweede stel aanbring op die soom van die buitenste tentdoek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [4-5] Julle moet 50 blou lissies vaswerk aan een kant van elke stuk materiaal. Hulle moet ewe ver van mekaar wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [4-5] Jy moet blou lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vaswerk. Daar moet dus 50 lussies wees wat presies teenoor mekaar is wanneer die twee stelle op mekaar gepas word. |