Exodus 26:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet vir die behangsel vyf pilare van akasiahout maak en dit met goud oortrek, en hulle kramme moet van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
Afrikaans (NLV) 2011 Hang dit aan goue hake aan vyf regop balke. Die balke moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Dit kom op vyf voetstukke wat van koper gemaak is.”
Afrikaans 1933/1953 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
Afrikaans 1983 Maak vir die afskorting vyf doringhoutstyle en trek dit oor met goud. Jy moet goue kramme maak vir die style en vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vir die gordyn vyf staanders van doringhout maak en dit met goud oortrek; hulle hakies moet ook van goud wees en jy moet vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet dit ophang aan vyf pale van doringhout. Julle moet die pale oortrek met goud en julle moet vir hulle vyf voetstukke van brons maak. Daar moet hake aan die pale wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet opgehang word met goue hakies aan vyf regop pale wat van akasiahout gemaak is en met goud oorgetrek is. Die regop pale moet op voetstukke staan wat van koper gemaak is.”