Exodus 26:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet vir die ingang van die tent 'n behangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, bewerk met naaldwerk.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak ’n gordyn van linne vir die ingang van die tent. Daar moet blou, pers en bloedrooi draad ingeweef word, met borduurwerk versier.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook vir die ingang van die tent 'n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
Afrikaans 1983 “Jy moet vir die ingang van die tent 'n afskorting maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Dit moet borduurwerk wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet vir die ingang van die tent 'n gordyn maak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die ingang van die tent toemaak met blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die ander deel van die tent waar daar nie panele is nie, is die ingang van die tent. Daarvoor moet jy ’n gordyn maak om voor die ingang te hang. Dit moet van geweefde materiaal wees met blou, pers en bloedrooi wol en met borduursel op.