Exodus 26:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die tafel buitekant die voorhangsel neersit en die kandelaar teenoor die tafel aan die kant van die tabernakel na die suide toe; en jy moet die tafel aan die noordekant neersit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die tafel en die kandelaar reg teenoor mekaar in die Heilige deel voor die gordyn. Die kandelaar kom teen die suidelike muur. Die tafel kom oorkant by die noordelike muur.
Afrikaans 1933/1953 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
Afrikaans 1983 “Sit die tafel voor die voorhangsel, aan die noordekant van die tabernakel, en die kandelaar aan die suidekant, regoor die tafel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy die tafel voor die voorhangsel neersit, en die menora aan die suidekant van die tabernakel, teenoor die tafel. Die tafel moet jy aan die noordekant plaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die tafel neersit buitekant die gordyn, en die lampstaander oorkant die tafel in die suidekant van die tempel-tent. Die tafel moet in die noordekant staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom sit ook die tafel en die ligstaander teenoor mekaar in die ander gedeelte voor die gordyn neer. Die tafel moet teen die noordelike muur staan en die staander vir die lampies teen die suidelike muur.