Exodus 26:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang, dat jy die ark van die Getuienis daar binne-in die voorhangsel kan inbring; en die voorhangsel moet vir jou skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat jy die gordyn gehang het, moet jy die ark van die verbond agter die gordyn kom neersit. Die heiligdom word met hierdie gordyn van die Allerheiligste deel van die tent afgeskort.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
Afrikaans 1983 en jy moet die voorhangsel, met hakies aan die binnekant, ophang. Sit dan die ark met die getuienis daarin, agter die voorhangsel. Die voorhangsel moet vir julle die Heilige van die Allerheiligste skei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die voorhangsel aan die hakies, aan die onderkant, ophang. Neem dan die ark met die Getuienis daarheen, agter die voorhangsel in. Die voorhangsel moet vir julle die heilige deel van die tabernakel van die allerheiligste deel skei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle die gordyn ophang aan die hakies en julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, neersit agter die gordyn. Die gordyn moet die gewyde kamer skei van die hoog-gewyde kamer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hang die gordyn aan die hakies op sodat dit die deel van die tent wat vir My eenkant gehou word, van die ander deel kan afskort. Kom sit dan die ark met die bewys van die ooreenkoms in, in hierdie afgesonderde deel agter die gordyn neer.