Exodus 26:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is; hulle kramme moet van goud wees, aan die vier silwervoetstukke.
Afrikaans (NLV) 2011 Hang die gordyn in die tabernakel aan hake bo-aan vier regop balke. Hulle moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Hulle moet elkeen op ’n voetstuk staan wat van silwer gemaak is.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
Afrikaans 1983 Hang dit aan vier doringhoutstyle wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan. Daar moet goue kramme aan die style wees
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet dit met goue hakies ophang aan vier staanders van doringhout wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vier doringhout-pale oortrek met goud en julle moet vier goue hake daaraan vassit. Julle moet vir die pale vier voetstukke van silwer maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hang die gordyn aan vier regop akasiahoutpale wat met goud oorgetrek is en waaraan daar hakies is. Elke paal moet ’n silwervoetstuk hê.