Exodus 26:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne van kunswerk; van gérubs moet dit gemaak word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak ’n gordyn om die tent in twee dele af te skort. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Gerubs moet daarop uitgeborduur wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met g,rubs. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet 'n voorhangsel maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet 'n voorhangsel maak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet vir die tempel-tent 'n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet ook ’n gordyn maak om die tent in twee te verdeel. Dit moet van geweefde linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef is en waarop figure met vlerke geborduur is. |