Exodus 26:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die style met goud oortrek en hulle ringe van goue maak as plekke vir die dwarshoute; en jy moet die dwarshoute met goud oortrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Trek die panele met goud oor. Maak hake daaraan sodat die dwarsbalke daarin kan pas. Trek die dwarsbalke ook met goud oor. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek. |
| Afrikaans 1983 | “Trek die rame met goud oor en maak vir hulle goue ringe om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte moet ook met goud oorgetrek word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die planke moet jy met goud oortrek, en die ringe van die planke, wat die dwarshoute dra, moet jy van goud maak. Jy moet die dwarshoute ook met goud oortrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Trek die panele met goud oor. Sit goue ringe aan hulle vas waardeur die dwarslatte gesteek kan word. Trek ook die dwarslatte met goud oor. |