Exodus 26:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke; twee voetstukke onder die een plank, en twee voetstukke onder die ander plank. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar moet dus altesaam agt panele aan daardie kant van die tabernakel wees wat op sestien voetstukke van silwer staan, twee onder elke paneel. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. |
| Afrikaans 1983 | Daar moet dus ag rame wees met hulle sestien voetstukke, twee voetstukke vir elke raam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar moet agt sulke hoekplanke wees met hulle silwervoetstukke; dit is sestien voetstukke – twee voetstukke onder elk van die hoekplanke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die rame aan die westekant moet almal saam ag wees, en 16 voetstukke van silwer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie muur bestaan dus uit agt panele met sestien silwervoetstukke. |