Exodus 26:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Twee tappe moet op een styl wees, die een teen die ander gerangskik; so moet jy vir al die style van die tabernakel maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar moet aan elke paneel twee plekke wees waar dit met penne aan die volgende paneel verbind kan word. Al die panele moet so gemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel. |
| Afrikaans 1983 | Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar moet twee tappe wees in elke plank waarmee hulle teen mekaar geplaas kan word. Doen dit met al die planke van die tabernakel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke raam moet twee houtpenne en twee gate hê sodat julle die pale goed aan mekaar kan vassit. So moet julle maak met al die rame van die tempel-tent. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan elke paneel moet daar twee laspunte wees, sodat die een paneel aan die volgende een gelas kan word. Al die panele van die tent moet eenders lyk. |