Exodus 26:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet 'n dekkleed vir die tent maak van rooi geverfde ramsvelle en 'n dekkleed bo-oor van dasvelle.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak ’n derde laag van gebreide ramsvel. Sit ’n laag van gebreide vel booor. Dit alles vorm die dak van die tabernakel.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.
Afrikaans 1983 “Jy moet verder 'n seil van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor span.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet vir die tent 'n bedekking van rooi gekleurde ramsvelle maak en nog 'n bedekking van sagte leer bo-oor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook 'n seil maak van skaapvelle wat julle rooi gekleur het. Dan moet julle nog 'n seil maak van velle wat julle sag gemaak het, en julle moet dit bo-oor die rooi seil sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die boonste laag van die dak moet van gelooide ramsvel gemaak word met gebreide vel oor.”