Exodus 26:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek en die tent saamvoeg, sodat dit een kan wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak hiervoor 50 hakies van koper. Sit die twee stelle reg op mekaar en haak hulle aan mekaar vas om ’n eenheid te vorm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lissies haak om die stroke aanmekaar vas te maak sodat die tent een stuk is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lussies steek, en so die tent heg, sodat dit een geheel vorm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet julle ook 50 brons hakies vaswerk aan elke stuk materiaal en julle moet die hakies in die lissies sit. As julle dan die tent opslaan, sal die stukke materiaal almal vas aan mekaar wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook 50 koperhakies om deur die lussies te haak sodat die twee velle aan mekaar vasgehaak kan word om een dubbelvel te maak vir die tweede laag van die tent se dak. |