Exodus 26:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder moet jy die tabernakel maak van tien tentdoeke van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe; met gérubs van listige werk moet jy dit maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak die tabernakel uit tien stukke materiaal. Daar moet blou, pers en bloedrooi draad in die materiaal ingeweef word. Daar moet ook gerubs daarop uitgeborduur word.
Afrikaans 1933/1953 En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met g,rubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
Afrikaans 1983 “Jy moet 'n tabernakel maak. Gebruik daarvoor tien stukke materiaal: goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die •tabernakel moet jy van tien tentdoeke fyn dubbeldraadlinne en pers, purperrooi en karmosynrooi wol maak, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n tempel-tent maak van tien stukke materiaal. Dit moet goeie linne-materiaal wees, en blou, pers en rooi wol-materiaal. Julle moet gerubs op die materiaal borduur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet vir die tent ’n dak maak wat uit drie lae materiaal bestaan. Die onderste laag word van tien stukke materiaal gemaak. Die materiaal moet fyn linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is en waarop figure met vlerke geborduur is.