Exodus 25:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die kandelaar moet vier amandelsbakke wees, met hulle knoppe en hulle blomme. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die steel in die middel moet vier amandelbloeisels hê met knoppe en blare. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme: |
| Afrikaans 1983 | Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die menora self moet daar vier kelke wees, gevorm soos amandelbloeisels met hulle blomknoppe en blomme. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moet vier blomme aan die stam wees. Hulle moet ook lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die steel self moet vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare aan die bokant hê. |