Exodus 25:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Drie bakkies soos amandels gemaak, met 'n knop en 'n blom aan een arm; en drie bakkies soos amandels gemaak aan die ander arm, met 'n knop en 'n blom; so ook aan die ses arms wat uit die kandelaar kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan elke arm moet daar ’n kelkie wees wat lyk soos ’n amandelbloeisel, kompleet met knoppe en blare. |
| Afrikaans 1933/1953 | Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. |
| Afrikaans 1983 | Daar moet ook drie blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar wees. So moet dit wees vir al ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar moet drie kelke, gevorm soos amandelbloeisels, met 'n blomknop en blom op een arm wees; en drie kelke, gevorm soos amandelbloeisels, met 'n blomknop en blom op elke volgende arm. So moet dit wees aan die ses arms wat uit die menora vertak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moet drie blomme aan elke arm wees. Hulle moet lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan elkeen van die ses arms wat uit die stam vertak, moet daar drie kelkies in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare wees. |