Exodus 25:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak; van geklopte werk moet die kandelaar gemaak word: sy steel en sy takke, sy bakke, sy knoppe en sy blomme moet daaruit wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak ’n kandelaar uit suiwer goud. Dit moet ’n eenheid vorm met ’n voetstuk, steel, blomkelke, knoppe en blare — alles uit bladgoud.
Afrikaans 1933/1953 Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
Afrikaans 1983 “Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet 'n menora van suiwer goud maak. Met pletwerk moet jy die menora – dit is sy voetstuk en sy staander – maak. Die kelke, blomknoppe en blomme moet deel daarvan wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n lampstaander van skoon goud maak. Die lampstaander moet 'n voetstuk hê, 'n stam, blomme en blomknoppe. Dit moet alles een stuk goud wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet ook ’n goue ligstaander maak. Sy voetstuk en steel moet uit een stuk goud gevorm word. Dit moet met blomkelke, blomknoppe en kroonblare versier wees.