Exodus 25:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet sy skottelgoed en sy eetlepels en sy deksels en sy komme maak om dit mee te bedek; van suiwer goud moet jy dit maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet ook vir die tafel skottels, panne, kanne en houers van goud maak sodat dit vir die drankoffers gebruik kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak. |
| Afrikaans 1983 | “Maak vir die tafel skottels, panne, kanne en komme, alles van suiwer goud. Gebruik dit om die drankoffer mee uit te giet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet skottels, bakke, bekers en komme, waarmee •drankoffers uitgegiet word, daarvoor maak. Van suiwer goud moet jy dit maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook skottels en panne en kanne en bakke maak. Julle moet die drank-offers daarmee op die altaar gooi. Julle moet dit alles van skoon goud maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook skottels en bakke waarin die geurige wierook kan brand. Maak ook houers en bakke van suiwer goud om vir die offers van wyn en olie te gebruik. |