Exodus 25:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal Ek jou ontmoet, en Ek sal met jou spreek van bo die versoendeksel, tussen die twee gérubs wat op die ark van die Getuienis is, oor alles wat Ek jou aan die kinders van Israel sal beveel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal jou daar ontmoet. Ek sal van tussen die gerubs bo-op die ark met jou praat. Van daar af sal Ek vir jou my opdragte aan die Israeliete gee.”
Afrikaans 1933/1953 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee g,rubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
Afrikaans 1983 “Dáár sal Ek jou ontmoet. Ek sal met jou praat van die deksel af tussen die twee gerubs uit wat op die ark met die getuienis is. Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou van daar af gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal Ek jou ontmoet. Van bo die versoendeksel af, van tussen die twee gerubs wat op die ark met die Getuienis is, sal Ek met jou praat oor al die opdragte vir die Israeliete wat Ek jou gaan gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As Ek vir jou iets wil sê, dan sal Ek hier aan jou verskyn. Ek sal bokant die deksel wees, tussen die twee gerubs wat op die kis is waarin die tien gebooie is. Ek sal daar met jou praat en vir jou alles sê wat jy vir die Israeliete moet sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal jou by daardie ark ontmoet. Ek sal daar met jou van die deksel af praat. Ek sal van tussen die figure met die vlerke op die ark vir jou alles sê wat Ek van die Israeliete verwag.”