Exodus 25:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gérubs sal hulle vlerke in die hoogte uitsprei en die versoendeksel met hulle vlerke bedek, en hulle gesigte sal na mekaar kyk; na die versoendeksel moet die aangesigte van die gérubs wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gerubs moet na mekaar kyk. Hulle moet met oopgespreide vlerke op die deksel afkyk.
Afrikaans 1933/1953 En die g,rubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die g,rubs moet op die versoendeksel gerig wees.
Afrikaans 1983 Hulle vlerke moet uitgesprei wees oor die deksel, sodat hulle dit bedek. Die gerubs se gesigte moet na mekaar toe wees, en hulle moet afkyk op die deksel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gerubs moet so wees dat hulle, met hulle vlerke oopgesprei na bo, die versoendeksel beskut met hulle vlerke. Met hulle gesigte na mekaar moet die gerubs na die versoendeksel kyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gerubs se vlerke moet oop wees sodat hulle vlerke die deksel toemaak. Hulle gesigte moet na mekaar toe wees en hulle moet na die deksel kyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle vlerke moet oor die deksel uitgesprei wees asof hulle dit beskerm. Hulle moet afkyk op die deksel.