Exodus 25:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir My 'n offer bring; van elkeen wat dit gewillig met sy hart gee, moet julle my offer neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete dat elkeen wat graag wil vir My ’n offer kan bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir die Israeliete hulle moet elkeen vir My 'n offergawe bring. Julle moet die offergawes aanvaar soos dit vir My aangebied word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met die Israeliete, sodat hulle vir My 'n •wydingsgeskenk bring. Van elkeen wie se hart hom daartoe aanspoor, moet julle vir My 'n wydingsgeskenk aanvaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet met die Israeliete praat en sê hulle moet elkeen vir My 'n present bring. Elkeen moet self besluit wat hy vir My wil gee, en julle moet sy present aanvaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir My geskenke na my blyplek toe bring. Neem die bydrae van almal wat graag wil gee. |