Exodus 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet 'n versoendeksel van suiwer goud maak: twee en 'n half el moet sy lengte wees en anderhalf el sy breedte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy moet ook ’n deksel van goud vir die ark maak. Dit is die versoendeksel. Dit moet een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak ook 'n versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. |
| Afrikaans 1983 | “Dan moet jy 'n deksel van suiwer goud maak, een en 'n kwart meter lank en 'n driekwart meter breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet 'n versoendeksel van suiwer goud maak, twee en 'n half el lank en een en 'n half el breed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet 'n deksel van skoon goud maak. Dit moet twee en 'n halwe el lank en een en 'n halwe el breed wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet ook ’n deksel maak wat op die ark pas. Dit moet net so groot soos die ark wees: 115 sentimeter lank en 70 sentimeter breed. Dit moet van suiwer goud gemaak word. |