Exodus 25:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet vier goue ringe daarvoor giet en dit aan die vier hoeke sit; en twee ringe moet aan die een kant daarvan wees, en twee ringe aan die ander kant daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak vier ringe uit goud. Sit dit aan die onderste vier hoeke vas. Daar moet twee ringe aan elke kant kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, so dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. |
| Afrikaans 1983 | Verder moet jy vier goue ringe giet wat aan die onderste vier hoeke vasgesit moet word, sodat daar twee ringe aan elke kant is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vier goue ringe daarvoor giet en dit aan die vier pote heg – twee ringe aan die een kant en twee aan die ander kant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vier goue ringe maak en julle moet dit vassit aan die onderste vier hoeke van die kis. Daar moet twee ringe aan die een kant wees en twee ringe aan die ander kant. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet vier goue ringe maak waardeur drastokke gesteek kan word. Die ringe moet aan die onderste vier hoeke aan die lang kant van die ark vasgesit word. Daar moet dus twee stelle ringe aan die voorkant en twee aan die agterkant wees. |