Exodus 24:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel opgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die 70 leiers uit Israel het toe teen die berg uitgeklim.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Ab¡hu en sewentig van die oudstes van Israel.
Afrikaans 1983 Moses, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel het toe die berg uitgeklim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Moses en Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel die berg uitgeklim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron, Nadab en Abihu en 70 leiers van die Israeliete het teen die berg opgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die 70 leiers van Israel het toe teen die berg uitgeklim.