Exodus 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die bloed geneem en dit op die volk gesprinkel en gesê: Hier is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het oor al hierdie woorde.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe van die bloed in die houers gevat en oor die volk gesprinkel. Hy het gesê: “Hierdie bloed bevestig die verbond wat die Here met julle gesluit het toe Hy hierdie woorde vir julle gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.
Afrikaans 1983 Moses het toe die bloed gevat en op die volk gesprinkel terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat die Here op grond van al hierdie gebooie met julle gesluit het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het toe die bloed geneem en dit oor die volk gesprinkel en gesê: “Kyk, dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle sluit op grond van al hierdie woorde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses neem toe die bloed wat in die bakke was en gooi dit op die mense en sê: “Hierdie bloed bewys dat julle belowe om die verbond te hou wat die Here met julle gemaak het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het van die bloed in die bakke oor die volk gesprinkel terwyl hy sê: “In ooreenstemming met die reëls wat ek vir julle voorgelees het, sluit die Here nou met hierdie bloed formeel ’n ooreenkoms met julle.”