Exodus 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die boek van die verbond geneem en voor die ore van die volk gelees, en hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en gehoorsaam wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Moses die Boek van die Verbond gevat en vir die volk daaruit gelees. Hulle het weer almal soos een man geantwoord: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het! Ons sal daarna luister!”
Afrikaans 1933/1953 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Afrikaans 1983 Hy het die verbondsboek geneem en dit vir die volk voorgelees. Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe neem hy die Boekrol van die Verbond en lees dit duidelik hoorbaar aan die volk voor. Hulle het gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen en gehoorsaam.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die boek geneem waarin hy alles geskryf het oor die verbond wat die Here met hulle gemaak het. Hy het dit vir die mense gelees, en hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het, ons sal gehoorsaam wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die volk na hom staan en luister, het Moses vir hulle die reëls voorgelees wat hy neergeskryf het. Daarin het die Here gesê wat Hy verwag van mense met wie Hy ’n ooreenkoms gesluit het. Hulle het toe weer ’n keer gesê: “Ons sal gehoorsaam wees. Ons sal alles doen wat die Here van ons verwag.”