Exodus 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur wat brandoffers gebring het en dankoffers van beeste aan die HERE gebring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy jong Israeliete laat kom en hulle beveel om bulle vir die Here te offer. Dit was brandoffers en vrede-offers vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; die het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag. |
| Afrikaans 1983 | Hy het toe van die jong Israeliete gestuur om bulle as brandoffers en maaltydoffers vir die Here te offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het jong manne uit die Israeliete gestuur, en hulle het •brandoffers geoffer, en vir die Here bulle geslag as •maaltydoffers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het die Israeliete se jongmanne gestuur, en hulle het brand-offers vir die Here gebring. Daar was ook bulle vir ete-offers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe twaalf jong Israeliete laat kom. Hulle het offers wat verbrand word en offers wat voor die Here geëet word, vir die Here gebring. |