Exodus 24:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg klaargemaak en 'n altaar onder die heuwel gebou en twaalf pilare volgens die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het alles wat die Here vir hom gesê het, neergeskryf. Hy het vroeg die volgende oggend opgestaan en ’n altaar aan die voet van die berg gaan bou. Hy het rondom die altaar twaalf klippe ingeplant. Dit was vir die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans 1983 Toe het Moses al die gebooie van die Here neergeskryf. Vroeg die volgende oggend het hy aan die voet van die berg 'n altaar gebou van twaalf klippe, vir die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het al die woorde van die Here neergeskryf. Hy het vroeg die oggend opgestaan en aan die voet van die berg 'n altaar opgerig en twaalf gedenkstene vir die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het toe al die woorde van die Here neergeskryf en vroeg die volgende oggend 'n altaar gebou by die voet van die berg. Daar was twaalf gedenkstene, een vir elke stam van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het ook alles neergeskryf wat die Here vir hom gesê het. Hy het vroeg die volgende oggend ’n plek aan die voet van die berg gaan bou waarop hulle vir die Here kon offer. Hy het ook vir elkeen van die twaalf families ’n regop klip rondom die altaar ingeplant.