Exodus 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses gekom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, en die hele volk het een stem geantwoord en gesê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het na die volk toe afgegaan en vir hulle alles gesê wat die Here beveel het. Hulle het soos een man geantwoord: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het!”
Afrikaans 1933/1953 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
Afrikaans 1983 Moses het toe al die gebooie en bepalings van die Here aan die volk gaan bekend maak. Hulle het soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gegaan en aan die volk al die woorde van die Here, en al die bepalings oorgedra. Die hele volk het eenstemmig geantwoord en gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het toe gekom en hy het vir die volk alles vertel wat die Here gesê het, al die wette wat Hy gegee het. Al die mense het gesê dit is reg. Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe na die volk toe gegaan en vir hulle alles gesê wat die Here vir hom gesê het. Hy het ook vir hulle die reëls gegee wat die Here vir hom gegee het. Die hele volk het toe geantwoord asof hulle uit een mond praat: “Ons sal alles doen wat die Here van ons verwag.”