Exodus 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die aanskoue van die heerlikheid van die HERE was soos 'n verterende vuur op die top van die berg in die oë van die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir die Israeliete onderkant die berg het dit gelyk soos ’n vuur wat bo-op die berg brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg. |
| Afrikaans 1983 | Die magtige teenwoordigheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n gloeiende vuur op die berg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die heerlikheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n verterende vuur op die kruin van die berg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het vir die Israeliete gelyk soos 'n groot vuur bo-op die berg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |