Exodus 24:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het aan die oudstes gesê: Bly vir ons hier totdat ons na julle terugkom; en kyk, Aäron en Hur is by julle; as iemand iets het om te doen, laat hom na hulle toe kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir die leiers gesê: “Wag hier vir ons totdat ons weer na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle. As enige probleem opduik terwyl ek weg is, moet julle na hulle toe gaan.”
Afrikaans 1933/1953 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.
Afrikaans 1983 Vir die leiers het Moses gesê: “Wag hier vir ons totdat ons na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle: as iemand 'n probleem het, kan hy na hulle toe gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die oudstes het hy gesê: “Wag hier vir ons, totdat ons na julle terugkom. Kyk, Aäron en Hur is by julle, en wie ook al regsake het, kan na hulle toe gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir die leiers gesê: “Wag hier vir ons totdat ons terugkom na julle toe. Aäron en Hur is by julle. As iemand 'n probleem het, dan moet hy na Aäron en Hur toe gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voor hy van hulle af weg is, het Moses vir die leiers gesê: “Wag hier vir ons tot ons na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle. As daar iets dringends is, moet julle na hulle toe kom.”