Exodus 24:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Klim na My toe op die berg en wees daar, en Ek sal jou kliptafels gee en 'n wet en gebooie wat Ek geskrywe het; dat U hulle kan leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê toe vir Moses: “Klim op na My toe hier op die berg. Bly hier. Ek wil vir jou plat klippe gee waarop Ek die wette en gebooie geskryf het wat jy vir die volk moet leer.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
Afrikaans 1983 Toe sê die Here vir Moses: “Klim nou die berg verder uit na My toe en vertoef daar dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het vir die onderrig van die volk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Kom na My toe op die berg en bly daar. Ek sal vir jou die kliptafels gee met die wet, met die opdragte wat Ek geskryf het, om hulle te onderrig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Kom teen die berg op na My toe en wag hier. Ek sal vir jou die plat klippe gee waarop Ek die wette geskryf het. Jy moet dit vir die mense leer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Moses gesê: “Klim verder teen die berg uit na My toe. Wanneer jy hier is, sal Ek vir jou plat klippe gee waarop Ek al die reëls en regulasies neergeskryf het wat jy vir die volk moet gee.”