Exodus 24:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En teen die edeles van die kinders van Israel het hy sy hand nie uitgesteek nie; ook hulle het God gesien en geëet en gedrink.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Hom gesien en Hy het nogtans niks aan hulle gedoen nie. Daarna het hulle in sy teenwoordigheid geëet en gedrink.
Afrikaans 1933/1953 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.
Afrikaans 1983 God het geen hand teen die leiers van Israel gelig nie: hulle het Hom gesien en daarna het hulle geëet en gedrink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen hierdie vernames van die Israeliete het God sy hand nie uitgesteek nie. Hulle het God aanskou en toe geëet en gedrink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het nie die leiers van die Israeliete laat sterf nie. Hulle het God gesien en toe het hulle geëet en gedrink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie beroemde leiers het God gesien. Hy het nie iets aan hulle gedoen toe hulle Hom gesien het nie. God en hulle het selfs daar saam geëet en gedrink.