Exodus 24:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het vir Moses gesê: Klim op na die HERE, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel; en aanbid julle van ver. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Moses gesê: “Klim op hiernatoe. Bring Aäron, Nadab, Abihu en 70 leiers van die Israeliete saam met jou. Hulle moet ’n entjie weg staan en My van daar af aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die HERE toe op, jy en Aäron, Nadab en Ab¡hu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses gesê: “Klim die berg op na My toe: jy, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel. As julle nog ver is, moet julle al voor My buig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Moses het Hy gesê: “Klim op na die Here, jy en Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel, maar buig van ver af al in aanbidding. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Kom teen die berg op na My toe, jy en Aäron, Nadab en Abihu en nog 70 leiers van die Israeliete. As julle nog ver van My is, dan moet julle buig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Jy en Aäron, Nadab, Abihu en 70 leiers uit Israel moet teen die berg uitklim en hier na die Here toe kom. Julle moet nie te naby aan My kom nie, maar op ’n afstand bly staan. Van daar af moet julle afbuig na die grond toe en My aanbid. |