Exodus 23:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy die esel van jou haat onder sy las sien lê en wil nalaat om hom te help, moet jy sekerlik met hom help. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy sien dat die vrag op jou vyand se donkie te swaar is vir hom, mag jy dit nie net so los nie. Jy moet jou vyand help om dit ligter te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jy iemand wat jou haat, se donkie sien lê onder sy vrag, moet jy hom nie sonder hulp los nie; gaan help hom met sy vrag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jy iemand wat jou haat se donkie onder sy vrag sien lê, mag jy dit nie aan hom oorlaat nie. Jy moet hom beslis daarmee help. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jou vyand se donkie val omdat hy te swaar moet dra, en jy sien dit, dan moet jy die donkie help. Jy mag hom nie daar los nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy ’n donkie sien wat onder sy vrag gaan lê het omdat dit vir hom te swaar was, moet jy dit nie net so laat lê nie. Gaan help sy eienaar om die donkie weer op sy voete te kry, al weet jy dis iemand wat nie van jou hou nie. |