Exodus 23:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy jou vyand se bees of sy esel teëkom wat dwaal, moet jy dit sekerlik na hom terugbring.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy op jou vyand se beeste of donkie afkom wat verdwaal het, moet jy dit na hom toe terugvat.
Afrikaans 1933/1953 As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.
Afrikaans 1983 “Wanneer jy 'n verdwaalde bees of donkie van jou vyand raakloop, moet jy dit beslis na hom toe terugbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer jy afkom op jou vyand se bees of donkie wat ronddwaal, moet jy dit beslis na hom terugneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer jy 'n bees of 'n donkie van jou vyand kry en die bees het weggeloop of verdwaal, dan moet jy dit vir hom terugbring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy op jou vyand se bees of donkie afkom wat verdwaal het, moet jy dit dadelik na hom toe terugvat.