Exodus 23:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle mag nie in jou land woon nie, dat hulle jou nie teen My laat sondig nie; want as jy hulle gode dien, sal dit sekerlik vir jou 'n strik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle mag selfs nie eens langer tussen julle bly woon nie. As hulle langer daar bly woon, gaan dit vir julle ’n lokval wees. Hulle sal julle van My afrokkel en julle verlei om hulle gode te aanbid.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou 'n strik wees.
Afrikaans 1983 Hulle mag nie in jou land bly woon nie, want dan sal hulle jou verlei om teen My te sondig deur hulle gode te dien. Dan sal hulle jou tot 'n val bring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle mag in jou land nie woon nie, anders laat hulle jou teen My sondig. Want jy sal hulle gode dien; ja, dit sal vir jou 'n valstrik word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle mag nie saam met julle in julle land woon nie, want dan sal hulle vir julle leer om sonde te doen teen My en om hulle gode te dien. So sal hulle vir julle verkeerde dinge laat doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle mag nie in die land bly woon as jy eers daar ingetrek het nie. As hulle daar aanbly, gaan hulle jou verseker op sleeptou neem en verlei om aan My ongehoorsaam te wees. Jy gaan dan in die strik trap om hulle gode te begin aanbid.”