Exodus 23:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou grense stel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne en van die woestyn tot by die Nyl; want Ek sal die inwoners van die land in jou hand gee; en jy moet hulle voor jou uit verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal die grense van julle land vasstel vanaf die Rietsee tot by die Middellandse See en vanaf die woestyn tot by die Eufraatrivier. Ek sal almal wat nou daar woon in julle mag gee. Julle sal hulle voor julle uit verdryf.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
Afrikaans 1983 Ek sal jou grens vasstel van die Rietsee af tot by die Filistynse See en van die woestyn af tot by die Eufraatrivier. Ek sal die inwoners van hierdie land in jou mag gee, en jy moet hulle uitdryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou grense vasstel vanaf die Rietsee tot by die See van die Filistyne, en vanaf die woestyn tot by die Rivier, want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag woon van die Riet-see tot by die Filistynse See, en van die woestyn tot by die Eufraat-rivier. Ek sal julle help om die mense te oorwin wat in die land woon. Ek sal hulle wegjaag voor julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal maak dat jou grense loop van die Rietsee af tot by die See van die Filistyne, van die woestyn af tot by die groot rivier. Ek sal almal wat daar woon, onder jou stel. Jy kan hulle voor jou uit die land wegjaag.